Kwaliteit Wiskunde Hulp

Watter opsies vir Wiskunde hulp offer ek? 1-uur Groep klasse; Privaat 1-tot-1 lesse of Aanlyn Kursusse.

Waar bied ek die Groep lesse  en 1-tot-1 lesse aan? Die Wilgers (Lynnwood), Pretoria.

Met watter Wiskunde help ek? Ek help graag Graad 8 – Graad 12, 1st jaar en Alfa Wiskunde studente.

Hoe werk die Groep klasse en 1-tot-1 lesse?

  • Groepklas
    • Die groepklasse vind in groepe van maksimum 5 leerlinge plaas wat veroorsaak dat die leerlinge individuele aandag kry
    • Sodra daar ‘n konsep aan ‘n student verduidelik is, word daar ‘n som of meer aan hom/haar gegee om die konsep in te oefen, wat my dan die geleentheid gee om die ander studente om die beurt te help.
  • Privaatklas
    • Ek werk 1-tot-1 met die student.

Sal ek leerlinge kan help? Met my jare se wye onderrige ervaring (skool en universiteit Wiskunde); passie vir Wiskunde; en kwalfikasies in Wiskunde (o.a. B.Sc. in Wiskunde en Statistiek) kan ek die studente se probleme op verskillende maniere benader met die doel dat hulle self by ‘n goeie verstaan van die Wiskunde konsepte uitkom, en dat hulle self ook ‘n liefde vir Wiskunde ontwikkel.

Wat is die koste? Gaan na Koste.

Wanneer vind die klasse plaas? Dit vind in die middae na skool plaas. Kontak my om te hoor oor die beskikbare tye.